Wetenskap – Die ontkieming en groei van die boontjieplant

Die lewensiklus van Bennie die Boontjie
Inleidingsfase

Die les begin deur 'n YouTube video wat kortliks die ontkieming en groei van die boontjieplant verduidelik. Die onderwyser vrae dan vir die leerders basiese vrae van wat hulle op die video gesien het en beantwoord enige vrae wat die leerders daaroor het. 

Onderrig- en leerfase

Die onderwyser maak gebruik van prente en foto's om vir leerders die drie hoofdele van die boontjie te verduidelik. 


In hierdie fase groei die leerders ook hulle eie boontjies. Die leerders begin deur 'n boontjie tussen twee klam wattes te sit, totdat die boontjie ontkiem en oorgeplant kan word na 'n houertjie toe. 

Die onderwyser verwys na 'n prent soos wat die boontjies groei om met leerders te hersien wat besig is om te gebeur. 

Daar word ook deur die loop van die week vir leerders die geleentheid gegee om hulle boontjies onder die dokument kamera te sit, sodat die res van die klas dit op die bord kan sien. 

Foto's van die leerders met hulle boontjies word op 'n blog gelaai, waar die ouers daarna kan gaan kyk en sien waarmee hulle kinders in die klas besig is. 

Afsluitfase

'n Powerpoint aanbieding word gebruik om klomp foto's en prente van die verskillende fases van die ontkieming en groei van die boontjieplant voor te stel. Die onderwyser vra dan vir leerders byvoorbeeld watter foto die ontkieming van die boontjie voorstel. Die leerders kan dan deur middel van 'n interaktiewe witbord self met hulle vinger op die bord 'n sirkel om die regte foto trek. 

Drie voorbeelde van multimedia wat in die les gebruik word:
  • YouTube video: Video wat op YouTube op die internet gekyk kan word. Die video verduidelik kortliks die ontkieming en groei van die boontjieplant.
  • Prente en foto's: Word gebruik om hersiening met leerders te doen. Foto's word ook self in die klas geneem vir die klas se persoonlike blog. Die leerders kan ook hulle boontjies onder 'n dokument kamera sit.
  • Powerpoint aanbieding: Word gebruik om 'n assesseringsaktiwiteit te doen deur middel van 'n interaktiewe witbord.
Twee voorbeelde van Web 2.0 tegnologie wat in die les gebruik word:
  • YouTube: YouTube is 'n webtuiste waarop video's gelaai en gekyk kan word. 
  • Blog: 'n Webtuiste waarop foto's en video's gelaai word, asook skryfstukke. Lesers kan dan aanlyn dit daarop gaan lees. 







Comments